Preview only show first 10 pages with watermark. For full document please download

Découpage Werk Met Hars Gebruik Bladgoud Kintsugi

Découpage Werk met hars Gebruik bladgoud Kintsugi Foto-oordrag-lesse Toukuns Papier-mâché Mooi mosaïek R55,00 (R6,75 BTW INGESLUIT) Ander lande R48,25 (BELASTING UITGESLUIT)

   EMBED

  • Rating

  • Date

    May 2018
  • Size

    3.2MB
  • Views

    7,347
  • Categories


Share

Transcript

Découpage Werk met hars Gebruik bladgoud Kintsugi Foto-oordrag-lesse Toukuns Papier-mâché Mooi mosaïek R55,00 (R6,75 BTW INGESLUIT) Ander lande R48,25 (BELASTING UITGESLUIT) MSS Kreatiwiteit is nie net n stokperdjie nie dis n leefwyse. Is jy n gesoute kunstenaar of n nuweling? Dit maak nie saak nie, PNA sal jou verbeelding prikkel en jou kreatiwiteit n hupstoot gee met n wye reeks Kuns- & Kunsvlytprodukte wat gewaarborg is om jou te help met die skep van jou eie meesterstukke. Haal die beste uit PNA se verskeidenheid produkte... KUNS & KUNSVLYT PRODUKTEREEKS Kunstenaars potlode & tekenblokke Balsahout Kwaste Kalligrafie Skilderdoeke Houtskool Spaanderbord versierings Klei & implemente Horlosiewysters Horlosiemeganismes Copic kleurmerkers Riffelbord Kunsvlyt versierings Kunsvlytmesse Kunsvlyt verwe & media Kunsvlytponse / Cuttlebug (reliëfdrukstukke & vormgietstukke) Decoupage Tappenne Esels Materiaalverf & patrone Vere Skuimbord Glinsterstof Gomspuite Kramery items (linte, knope) Hittespuite Inkkussingkies & rubberstempels Kinders kunsvlyt & stelle Linosnee Spieëlversierings Mosaïek, invoegsels & implemente Origami Verf en bybehore (olieverf, akrielverf en gouache) Nommerverf Palette & paletmesse Papiersnyers (guillotines) Papiertipes (plakboek-, handgemaakte en gebosseleerde papier) Pastel Pergamano Piouter & bybehore Gips Plastiese gietvorme Polistireen items Polistireensnyers Papierkrulwerk Harpuisversiersels Rubber inkrollers Plakboek albums Seëlwaks & stempels Servette Seepmaak Sponsrollers Stensils Makerstempels Viltborde Washi kleefband Houtsneevorme * Beskikbaar by PNA winkels landwyd REDAKTEUR E-pos SKEPPENDE REDAKTEUR BESTURENDE REDAKTEUR Kaapstad-kantoorbestuurder Ontvangs en algemene navrae Johannesburg-kantoor Sindikasiebestuurder UITLEG EINDREDAKTEUR Stilering Handwerk en selfdoen Fotograwe Digitaal Kantoor-assistent en drywer Reproduksie Terena le Roux Dala Watts Marweya Smal Natalie Herman 18de vloer, Absa-sentrum, Adderleystraat 4, Kaapstad 8001 Posbus 1802, Kaapstad Media Park, Kingsweg 69 Aucklandpark, Johannesburg Lucille van der Berg Dala Watts Natasja Lochner Carin Smith, Dala Watts, Lynnae Endersby Lizel Cloete, Ciskia Hanekom, Marlize Lotz Ed O Riley, Francois Oberholster, Christo Lötter Lizette Stulting Fuad Fritz Katherine Clulow VROUETYDSKRIFTE: UITGEWER Hoof: advertensieverkope Marina Smith Sarah Curtis-Bowles Sirkulasiebestuurder Produkbestuurder UITVOERENDE HOOF: MEDIA24 HOOFBESTUURDER: MEDIA24 LEEFSTYL HOOF FINANSIËLE BEAMPTE: MEDIA24 LEEFSTYL Adele Minnaar Wikus Esterhuysen Esmaré Weideman Charlene Beukes Raj Lalbahadur Uitgegee deur Media24, n afdeling van Naspers. Heerengracht 40, Kaapstad Media24. All regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie tydskrif mag sonder die skriftelike toestemming van die redakteur gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, skyf- of bandopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingbewaring of -ontsluiting. Die redaksie onderskryf nie noodwendig die standpunte gehuldig in artikels, rubrieke en advertensies nie. Hoewel alle redelike voorsorg getref is om te verseker dat die advies in die tydskrif akkuraat is, kan die redakteur en die uitgewer geen verantwoordelikheid aanvaar vir verlies, skade of ongerief wat daaruit spruit nie. Die redaksie behou die reg voor om veranderinge te maak aan materiaal wat aan die tydskrif gestuur word, en kan nie aanspreeklik gehou word vir skade aan of verlies van die materiaal nie. Teen druktyd was die pryse vir gepubliseerde produkte en dienste korrek IDEES 3 Kyk uit vir dié blomsimbool by die projekte in hierdie spesiale uitgawe al die produkte wat hiermee gemerk is, is beskikbaar by uitgesoekte PNA-takke landwyd. Die eerste handwerk-item wat ek kan onthou, is daardie ovaal découpage-vorms met n servet-motief (gewoonlik n blommetjie of n diertjie) in die middel en n stukkie koord rondom om dit af te rond. Hulle was by elke basaar, maar my geld het ek liewer vir die pannekoekstalletjie gehou. Die découpage-skeppings was nie heeltemal genoeg om my tot inkope of aksie te inspireer nie. Toe ek dus jare later by Idees begin werk het, het ek wel die verskil tussen mooi en lelik geken, maar van die verskil tussen gomstafies en modge podge kon ek jou niks vertel nie. Soos die handwerkblaaie maand ná maand oor my lessenaar gekom het, het ek maar oorgestap na die handwerkkamer toe om te gaan seker maak alles maak sin. Só het ek jaar ná jaar en letterlik stap vir stap geleer oor hierdie wonderlike kreatiewe speelplek waarmee jy nie net jou huis kan mooimaak nie, maar waaruit jy boonop n lewe kan maak. Om nie te praat van die terapeutiese waarde daarvan nie. n Nuwe wêreld het vir my oopgegaan waarin alles moontlik is. As jy nie die kussing kry wat jy soek nie, doen jy self n foto-afdruk op n gewone een, en as jou stoele jou begin verveel, découpage jy hulle. Moderne handwerk verskil hemelsbreed van dié waarmee die meeste van ons grootgeword het, en hier in die kantoor bly n mens liefs stil as jy nie weet hoe om self n gomgeweer of bladgoud te gebruik nie. Jy is beslis in die minderheid. Hierdie spesiale uitgawe is net die ding as jy wil kan saampraat en saam-maak. Ons het teruggegaan na ou lesersbriewe en -navrae en een vir een die projekte gaan uitsoek waarop ons die meeste reaksie gekry het. Hulle is nou almal in een lekker pakkie, mét instruksies oor alles wat jy nodig het plus stap-vir-stap-foto s om dit vir jou maklik te maak. Maar wees gewaarsku as jy eers begin, gaan jy nie sommer ophou nie. Geniet dit! 6 IDEES 2015 Om te skryf, behels veel meer as om net n pen op papier te druk en by PNA besef ons dit maar al te goed. Maak n draai by jou naaste PNA, vir n uitgebreide reeks skryfbehoeftes en skryfmateriale - om mee te werk, leer en speel. Jy benodig gebreekte keramiek-item wat jy wil las VIR DIE GOMPASTA goud- of silwerpoeier OF poeierverf in die kleur van jou keuse epoksigom weggooibare plastiekhouertjie roomysstokkie WENK Hoewel kintsugi tradisioneel met goud of silwer gelas word, kan jy vir n moderner voorkoms gerus met ander kleure eksperimenteer, soos wat ons op bladsy 10 gedoen het. 8 IDEES 2015 So maak jy die gompasta 1 Druk die twee dele van die epoksigom in die regte verhouding (volgens die vervaardiger se aanwysings) in n weggooibare plastiekhouertjie uit. 2 Neem n roomysstokkie en skep n klein bietjie goud- of silwerpoeier of poeierverf by die gom in die houertjie. 3 Meng die poeier goed deur die gom om n gekleurde pasta te vorm IDEES 9 Jy benodig stukkende bord of ander keramiek-item wat jy wil las gompasta in die kleur van jou keuse (sien Jy benodig -lysie op bladsy 8) roomysstokkies Pak die bordskerwe uit en besluit op die volgorde waarin dit gelas moet word. Hier moes ons eers die twee kleiner skerwe aan die twee groteres heg voordat ons die twee aanmekaargelaste helftes kon heg. Volg stap 1 op bladsy 9 om die gompasta te begin maak sorg dat jy genoeg gom gebruik om al die skerwe te las. 5 Volg stappe 2-3 om die gom te meng en te kleur. 6 7 Neem die eerste skerf en wend van die gompasta al op die stukkende rand aan met n roomysstokkie. Werk vinnig voordat die gom droog word. Druk die tweede skerf teenaan die eerste een vas en hou dit so tot die gom geheg het. Moenie die gom wat uitsypel afvee nie. WENK Jy kan die skerwe vasklamp of met wondergom in posisie hou tot dit geheg het. Let wel Jy sal die bord agterna met die hand kan was, maar nie in die skottelgoedwasser kan sit nie. Herhaal die proses met die ander twee skerwe. Heg laastens die twee hoofdele en laat dit droog word. 10 IDEES 2015