Preview only show first 10 pages with watermark. For full document please download

Handleiding Ingenieursgrafika En Ontwerp Graad 11

HANDLEIDING INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP GRAAD 11 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens Edms (Bpk) Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie

   EMBED


Share

Transcript

HANDLEIDING INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP GRAAD 11 ʼn Publikasie van Impak Onderwysdiens Edms (Bpk) Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Kopieregwet, mag geen gedeelte van hierdie boek gereproduseer of versend word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring en opname, sonder skriftelike toestemming van Impak Onderwysdiens Edms (Bpk) nie. KABV-aangepas Ë1611-A-EGD-SG01µ µ Î INHOUD HOOFSTUK 1 TEKEN BEGINSELS 1 HOOFSTUK 2 MEGANIESE TEKENING 15 HOOFSTUK 3 MEGANIESE SAMESTELLING 27 HOOFSTUK 4 ELEKTRIESE TEKENING 51 HOOFSTUK 5 SIVIELE TEKENING 59 HOOFSTUK 6 PERSPEKTIEF TEKENING 85 HOOFSTUK 7 ISOMETRIESE TEKENING 113 HOOFSTUK 8 MEETKUNDIGE VASTE LIGGAME 119 HOOFSTUK 9 INTERPENETRASIE 129 HOOFSTUK 10 OORGANGSTUKKE 141 HOOFSTUK 11 LOKKUSSE 149 HOOFSTUK 12 DIE ONTWERP PROSES 163 HOOFSTUK 13 REKENAAR ONDERSTEUNDE TEKENING 169 Roosters 181 Indeks 184 Verwysings 186 HOOFSTUK 1 TEKEN BEGINSELS INHOUD Definisie van 'n tekenaar. Karakteristieke van 'n tekenaar. Tekenloopbane. Professionele organisasie. Die menslike immuniteitsgebrekvirus. Oordrag van MIV. HIV en die tekenklas. Die impak van MIV op die omgewing. Die impak van MIV op die ekonomie. Die handves van menseregte. Tekeninstrumente. Tekenskale. Vryhandtekeninge. Orthografiese projeksie. Take. NOTA OOR DIE INHOUD Die hoofstuk kyk na die definisie en karakteristieke van 'n tekenaar asook die loopbane as 'n tekenaar. Daar word na die menslike immuniteitsgebrekvirus gekyk en die impak wat dit op die omgewing en ekonomie het. Die Handves van Menseregte van die Republiek van Suid Afrika 1996, meer spesifiek wet 108 van Die res van die hoofstuk dek onderwerpe wat die vorige jare gedek is. Dit sluit in drukwerk, gebruik van instrumente, skaaltekeninge en ortografiese projeksie. Meeste van die take wat in hierdie hoofstuk ingesluit is, is slegs ontwerp vir bespreking en navorsingstake. 1 DIE TEKENAAR - GRAAD 11 DEFINISIE VAN 'N TEKENAAR 'n Tekenaar berei werkstekeninge voor wat gebruik word gedurende vervaardiging en konstruksie wat alles van selfone tot motors, van vliegtuie tot huise, van hoë geboue tot brûe insluit. Hulle tekeninge voorsien grafiese gidslyne, wat die tegniese detail van die produkte en strukture, die afmetings, die materiale wat gebruik moet word en die prosedures en prosesse wat gevolg moet word gedurende konstruksie of vervaardiging aandui. EIENSKAPPE VAN 'N TEKENAAR Individue wat 'n beroep in tekeninge beplan moet eerstens oor 'n goeie visuele aanleg beskik aangesien die vermoë om drie dimensionele voorwerpe, wat in twee dimensionele formaat voorgestel word, waar te neem en te verstaan belangrik is. 'n Essensiële komponent van die werk is goeie probleemoplossing en kommunikasie vaardigheid, beide verbaal en skriftelik. Bo alles moet 'n tekenaar akkuraat en netjies werk met fyn aandag aan detail. Die vermoë om netjiese vryhand tekeninge te maak is belangrik en om tegnologies georiënteerd te wees, word aanbeveel. Alle beroepe wat teken insluit vereis verdere studies na skool, gewoonlik by 'n universiteit of gespesialiseerde tersiêre inrigting. Opleiding sal vakke soos wiskunde, wetenskap, kommunikasie vaardighede en kursusse in spesifieke velde van tegnologie insluit. Tekenaars werk gewoonlik in gemaklike kantore gemeubileer om hulle take te akkomodeer, alhoewel sommige tekeningberoepe vereis dat tekeninge soms op die perseel gedoen moet word. Sommige teken beroepe maak dit dus noodsaaklik om aan te pas by die werksomstandighede. Tekenaars word dikwels onder druk geplaas om by sperdatums te hou en moet hard en lang ure werk. Om 'n tekenaar te wees vereis lewenslange studie. 'n Tekenaar moet op hoogte bly met nuwe tegnieke en ontwikkeling in sy gespesialiseerde rigting. Hy moet ook vertroud wees met nuwe materiale en tegnieke wat tot die arbeidsmark toetree en weet hoe hulle toegepas kan word om produktiwiteit en kwaliteit van die eindproduk te verbeter. Werkgewers is meestal geïnteresseerd in aansoekers met die volgende eienskappe: goed ontwikkelde tekenvermoë; 'n standvastige grondslag in hul gespesialiseerde rigting; 'n deeglike kennis van tekenstandaarde en in staat wees om die relevante gebruikskodes toe te pas. Die vermoë om op 'n ROT stelsel te werk, is 'n essensiële vereiste vir vandag se arbeidsmark. BEROEPE AS 'N TEKENAAR Daar is twee algemene groepe wat tekeninge gebruik- die wat tekeninge produseer en die wat die voorbereide tekeninge lees en daarmee werk. Tekenberoepe het baie spesialisasie-rigtings en die titel van die beroep dui dikwels die spesifieke rigting van ontwerp of tekeninge aan. 'n Lugvaart-tekenaar spesialiseer daarin om ingenieurstekeninge te produseer met gedetailleerdeplanne en spesifikasies vir die vervaardiging van vliegtuie en verwante produkte. 'n Argitektuur-tekenaar berei gedetailleerde tekeninge van geboue en ander soortgelyke strukture voor volgens die bouvak tekeninge se gebruikskodes en in ooreenstemming met spesifikasies wat deur die argitek voorsien is. 'n Voertuig tekenaar berei werkstekeninge voor van voertuig komponente, submonterings en sisteme. Hy/sy analiseer spesifikasies,ingenieurstekeninge en ontwerpdata om kritiese faktore wat die ontwerp van die komponente kan affekteer, vas te stel. Dit is gebaseer op kennis van vorige ontwerpe, vervaardigingsprosesse en beperkings. 'n Siviele tekenaar berei gedetailleerde konstruksietekeninge voor. Met die hulp van topografiese profielkaarte teken hy/sy planne en verhogings van snelweë, tonnels, brûe, dreinering en watertoevoer sisteme en spesialiseer ook in die teken van hawens, kaaie, stutmure en soortgelyke ingenieursprojekte. 'n Elektriese tekenaar berei werkstekeninge vir elektriese toerusting en bedradingsdiagramme vir die vervaardiging, installering en herstelwerk van elektriese toerusting voor. Hy is ook verantwoordelik vir die teken van bedradingsdiagramme vir huishoudelike, kommersiële en industriële terreine. 'n Elektroniese tekenaar berei bedradingsdiagramme, skemas en uiteensettingstekeninge voor wat gebruik word in die vervaardiging, montering en herstel van elektroniese toerusting. 2 LOOPBANE VIR TEKENAARS - GRAAD 11 'n Geologiese tekenaar teken kaarte, diagramme, profiele, deursneë, direktiewe landmetings en formasies onder die grond om die geologiese of geo-fisiese ligging van minerale aan te dui. 'n Verhitting en ventilasie tekenaar spesialiseer daarin om planne te teken vir verhitting, lugversorging en ventilasie toerusting. 'n Landskap tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor van sketse wat deur landskapargitekte voorsien word van dreineringsplanne, besproeiingsplanne, plaveiselplanne, aanplantplanne en planne vir landskapuitleg. 'n Mariene tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor van bote en skepe en al hulle sisteme in ooreenstemming met die gebruikskode vir ingenieurs en maritieme spesifikasies. PROFESSIONELE ORGANISASIE Sodra professionele mense in hulle verkose professie gekwalifiseer het, sluit hulle aan by 'n organisasie wie se taak dit is om die integriteit van daardie professie te beskerm. Dit word gedoen deur standaarde wat professionele gedrag en etiese praktyke binne die professie bepaal, vas te stel en te handhaaf. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir tekenaars is 'n onafhanklike liggaam vir professionele tekenaars. Hulle doel is om die status van hulle lede binne die handel en industrie te verbeter en om tekeninge as 'n gespesialiseerde beroep te bevorder sodat dit regmatig kan aanspraak maak op die voorreg van professionele status. Baie onafhanklike maatskappye en regeringsinstansies beskou lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Instituut vir tekenaars as 'n noodsaaklike vereiste voordat hulle 'n tekenaar in diens sal neem. TAAK 1 NAVORSINGSTAAK Kies enige tekenberoep van die gegewe lys beroepe in tekeninge. 'n Meganiese tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor van sub-montering, montering asook werkstekeninge van masjinerie en meganiese toestelle in ooreenstemming met die gebruikskode vir ingenieurstekeninge. 'n Patente tekenaar berei omvattende en gedetailleerde tekeninge van verskeie toestelle voor vir gebruik deur patente prokureurs wanneer hulle nuwe ontwerpe registreer. 'n Loodgieterwerk tekenaar spesialiseer in die voorbereiding van tekeninge vir die installering van waterpypnetwerke en sanitasie-toebehore vir kommersiële, industriële en huishoudelike installasies. 'n Strukturele tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor vir strukturele versterkings van staal, beton, messelwerk en hout of enige ander strukturele materiale. 'n Gereedskap ontwerp tekenaar berei gedetailleerde tekeninge voor vir die vervaardiging van gereedskap, gewoonlik volgens die spesifikasies en ontwerpe wat deur 'n gereedskap ontwerper voorberei is. Gebruik die internet en kry meer inligting oor die beroep wat jy gekies het. Maak 'n lys van twee of meer punte onder die volgende afdelings: tekenkennis wat vir die beroep benodig word. gespesialiseerde kennis wat vir die beroep benodig word. enige spesiale vaardigheid wat nodig is vir die werk. werkkonteks. werkswaardes wat vir die beroep benodig word. Hier is 'n paar webbladsye wat jou kan help in jou soektog: TAAK 2 ONDERSOEKTAAK Gebruik die internet en vind 'n webblad wat jou meer inligting sal gee oor waar jy kan studeer vir die tekenberoep wat jy gekies het. TAAK 3 Bespreek die volgende onderwerpe: 'n Tekenaar voeg waarde by tot 'n konstruksie- of vervaardigingsmaatskappy. 'n Tekenaar is 'n essensiële komponent van 'n ontwikkelende gemeenskap. 3 MENSLIKE IMMUNITEITSGEBREKVIRUS - GRAAD 11 MENSLIKE IMMUNITEITSGEBREK VIRUS Die menslike immuniteitsgebrek virus, of MIV soos dit meer algemeen bekend is, het 'n vernietigende invloed op mense in Suid-Afrika se lewens. Volgens professor Allan Whiteside van die universiteit van KwaZulu Natal, het Suid-Afrika een van die ergste voorkomste van mense wat met MIV besmet is in Afrika en die getalle styg steeds teen 'n ontstellende tempo. OORDRAG VAN MIV Die MI virus word oorgedra deur direkte kontak met bloed, semen of vaginale vloeistof van 'n besmette persoon. Die virus kan nie oorgedra word deur die tekeninstrumente van 'n besmette persoon te gebruik of deur die rekenaar te gebruik na 'n besmette persoon of selfs deur 'n toebroodjie te eet wat deur iemand met die virus voorberei is nie. Dit kan ook nie oorgedra word deur badkamerkrane of toiletsitplekke nie. Daar is slegs drie algemene maniere waarop die virus oorgedra kan word. Hulle is: deur onbeskermde seks te hê met 'n besmette persoon, deur 'n bloedoortapping met besmette bloed of deur ongesteriliseerde naalde of inspuitings te gebruik wat voorheen deur 'n besmette persoon gebruik is of deur dit na 'n ongebore baba oor te dra van 'n moeder wat met MIV besmet is. MIV EN DIE TEKENKAMER Daar is baie potensiële gevare in 'n tekenkamer wat ernstige beserings aan iemand kan veroorsaak as dit misbruik of verkeerd gebruik word. Bloeding kan veroorsaak word as daar in die klaskamer rondgespeel word. Die kante van die tekentafel, skerp tekeninstrumente en die punte van passers is almal potensieel gevaarlik as hulle gebruik word vir enige ander doeleindes as dit waarvoor hulle ontwerp is. Om die kanse op 'n ongeluk in die tekenkamer tot die minimum te beperk, is dit goeie praktyk om nooit in die tekenkamer rond te speel nie. As daar egter 'n ongeluk plaasvind wat bloeding tot gevolg het, is dit belangrik om te onthou dat die bloed van 'n besmette persoon potensieel gevaarlik is. Dit is daarom aan te bevele dat direkte kontak met bloed vermy moet word en dat 'n skoon paar latex handskoene aangetrek moet word voordat daar na 'n bloeiende wond omgesien word. DIE IMPAK VAN MIV OP DIE GEMEENSKAP Die MIV pandemie teiken sonder om te diskrimineer, ekonomiese, produktiewe en sosiale aktiewe grootmense in die fleur van hulle lewens. Baie kinders word wees agtergelaat en daar word emosionele en finansiële laste op families en samelewings geplaas. Staats- en gesondheidsfasiliteite word tot die uiterstes beproef. Geen sektor van 'n samelewing kan die impak van die siekte ontsnap nie omdat dit op 'n sluwe manier sy pad maak deur elke faset van die samelewing. DIE IMPAK VAN MIV OP DIE EKONOMIE MIV is 'n ernstige bedreiging vir die ekonomiese produktiwiteit van lande met 'n hoë besmettingsyfer. Die siekte het die mees vernietigendste impak op die jonger bevolking en die verlies aan opgeleide en bekwame werkers en hou ernstige gevolge in vir besighede en die ontwikkeling van 'n land. Die impak van MIV in die werksplek het die volgende tot gevolg: verlies aan arbeid, tyd en produktiwiteit deur 'n toename in afwesigheid van personeel as gevolg van siekte; verlies aan opgeleide en bekwame personeel omdat besighede mense met ondervinding nodig het om prosesse te bestuur en om die kapasiteit vir groei te ontwikkel; en geld wat op ontwikkeling en verdere opleiding spandeer behoort te word, word spandeer aan die opleiding van nuwe personeel. MIV is 'n siekte wat voorkom kan word, maar nog nie een wat genees kan word nie. TAAK 4 Bespreek die stelling: 'MIV is 'n siekte wat voorkom kan word, maar nog nie een wat genees kan word nie'. Verwys na maniere waarop 'n mens die verspreiding van die virus kan voorkom. TAAK 5 Bespreek die prosedure wat gevolg behoort te word indien iemand in die tekenkamer 'n besering opdoen. Bespreek die prosedure wat gevolg moet word as die persoon bloei. LET WEL: Maak seker dat jy weet waar om 'n paar skoon latex handskoene te kry. 4